Afrika-konflikte kan pryse van kos, kommoditeite laat styg
Die president van die Afrika-ontwikkelingsbankgroep, Akinwumi Adesina, sê toenemende geopolitiese spanning in Afrika, wat handel en belegging kan skaad, kan ook voedsel- en kommoditeitspryse laat styg. Dit kan ook die broodnodige verbetering van monetêre omstandighede wêreldwyd vertraag. Adesina sê toenemende streekskonflikte en politieke onbestendigheid is geneig om besteding op verdediging te verhoog, wat dit weglei van ontwikkeling en maatskaplike steun. Hy voeg by ‘n hupstoot vir Afrika se groeimomentum vereis besliste beleidsoptrede.