Trump moet miljarde opdok omdat hy leners bedrieg het

Donald Trump moet meer as 6,7-miljard Namibiese dollar in boetes betaal vir die wyse waarop hy sy netto-waarde oorskat en leners bedrieg het. ‘n New Yorkse regter het die voormalige Amerikaanse president nog ‘n terugslag in ‘n siviele saak toegedien. Trump is ook verbied om as ‘n amptenaar of direkteur van enige New Yorkse maatskappy vir drie jaar te dien. In die hofsaak wat die stad se prokureur-generaal, Letitia James, teen hom gemaak het, word Trump en sy familie-sakeryk beskuldig dat hy sy nettowaarde met meer as 6,8-duisend-miljoen dollar per jaar oor ‘n dekade oorskat het, om beter leningsvoorwaardes te kry.