Uutoni sê nuwe wetgewing sal streeksrade bemagtig

Die minister van stedelike en ontwikkeling, Erastus Uutoni, wil nuwe wetgewing vir streeksrade implementeer. Hy sê die Wetsontwerp vir Streeks- en Kiesafdelings-befondsingsal hulle in staat stel om ‘n gewaarborgde jaarlikse bewilliging te ontvang wat die rade sal bemagtig. Ingevolge die Streekraad se Wet van 1992 sê Uutoni dat streeksrade die mandaat het om infrastruktuur soos water, elektrisiteit, kommunikasienetwerke en vervoerstelsels te beplan en te ontwikkel maar die gebrek aan finansiële hulpbronne belemmer hulle vermoë. Die wetgewing sal volgens hom ook desentralisasie toelaat.