Ligte skudding naby Midgard
Kosmos 94.1 Nuus ontvang berigte van ‘n ligte skudding in die gebiede van Seeis en Midgard. Geen van die regstreekse seismiese-monitors het die skudding aangeteken nie en dit is nie bekend hoe wydverspreid dit voorgekom het of wat dit gemeet het nie. Die ministerie van myne en energie se seismiese sentrum het ‘n monitor in die gebied van die hoofstad en sou ‘n skudding aangeteken wees, behoort daar binnekort ‘n verklaring ontvang word.