Geregshof besluit oor Palestyne

Die Internasionale Geregshof sê dit is nie nodig vir bykomende noodmaatreëls om die regte van Palestyne te beskerm nie, na Israel se offensief in Rafah. Suid-Afrika het die hof versoek om te oorweeg of Israel se plan om sy aanvalle in Gaza na Rafah uit te brei, bykomende noodmaatreëls benodig om Palestyne se regte te beskerm. Die hof het tot die slotsom gekom, wat hy noem die gevaarlike situasie in die Gaza-strook en in veral Rafah, vereis die onmiddellike en doeltreffende implementering van die voorlope maatreëls wat in sy bevel van 26 Januarie vervat is.