Windhoek loop deur onder oorstromings

Hewige reënstorms in Windhoek die afgelope twee weke het probleme vir vele inwoners sowel as besighede veroorsaak weens oorstromings. Die groot hoeveelhede water kan nie deur toegegroeide riviere, veral in Eros en Klein Windhoek afgevoer word nie. Dit veroorsaak opdammings en dat paaie, huise en besighede oorstroom word. Ook in die middestad loop Wernhill gereeld deur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Moses Matyayi, die hoof uitvoerende beampte van die Stad Windhoek, wat die publiek waarsku oor die gebiede wat geneig is tot oorstromings en redes daarvoor.