Unam verleng registrasie-tydperk vir senior studente
Die Universiteit van Namibië het die registrasietydperk vir senior studente verleng. Die sperdatum was oorspronklik 16 Februarie, maar is verleng tot 23 Februarie. Dit bied ‘n bykomende geleentheid vir senior studente om hul registrasieproses te voltooi. Studente word versoek om so gou as moontlik te registreer om te verseker dat hulle nie agter raak nie, aangesien lesings reeds op 12 Februarie begin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die woordvoerder van Unam, gepraat wat ‘n opdatering gee.