Droë Februarie volg op swak Januarie, Desember

Reënval vanaf die begin van die seisoen tot Januarie vanjaar, wys meestal onder-normale reënval vir die land. Voorspellings vir Februarie dui onder-normale reënval aan oor die grootste deel van die land. ‘n Geringe verbetering word verwag oor die suidoostelike dele van die Karas-streek sowel as dele van Ohangwena en Oshikoto. Die meteorologiese diens sê dit is belangrik om daarop te let dat, ongeag die verbetering in gebiede met ‘n waarskynlikheid van normaal tot bo normale reënval, die hoeveelheid reënval in millimeters nie betekenisvol is nie. Droë toestande sal na verwagting voortduur.