Primedia stem in tot boete oor prysvasstelling
Die Mededingingskommissie sê Primedia het ingestem om ‘n administratiewe boete van 2,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand te betaal en oor ‘n tydperk van 12 maande 1,3 miljoen rand gratis advertensieruimte aan klein-, medium-, en mikro-ondernemings van voorheen-benadeelde ondernemings te voorsien. Die woordvoerder van die kommissie, Siyabulela Makunga, sê die tribunaal se bevel volg op die kommissie se ondersoek waarin bevind is mediamaatskappye onder die toesig van Out of Home Media South Africa het tussen September 2004 en Maart 2018 saamgespan oor prysvasstelling en handelstoestande: