Israel vra hof om SA se Rafah-aansoek uit te gooi

Israel het die Internasionale Geregshof gevra om ‘n versoek deur Suid-Afrika om bykomende noodmaatreëls uit te reik van die hand te wys. Suid-Afrika het die aansoek gebring weens Israel se plan om sy offensief in Gaza tot in die stad Rafah uit te brei. In dokumente wat deur die hof vrygestel is, voer Israel aan dat die noodmaatreëls wat drie weke gelede uitgereik is, reeds die situasie van vyandelikhede in Gaza as geheel dek en die hof moet die Suid-Afrikaanse versoek verwerp.