NamRA loods kompetisie
Die Namibiese Inkomste-agentskap nooi lede van die publiek om deel te neem aan ‘n openbare kompetisie genaamd NamRA-gesprekke. Dit is ‘n goeie geleentheid vir almal wat hul mening oor doeane en belasting-verwante aangeleenthede wil laat hoor. Lede kan ‘n geskrewe stuk van nie meer as 1 000 woorde nie indien wat ‘n goed-nagevorste voorlegging oor enige onderwerp artikuleer. Die skrywe moet teen 20 Februarie na namratalks@namra.org.na gestuur word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tonateni Shidhudhu, bestuurder vir strategiese kommunikasie en belanghebbende verbintenisse by die Namibië-inkomste-agentskap.