Mangetti 1X dalk van derde van Venus se 5 miljard vate

Upstream Online berig dat alle aanduidings is dat TotalEnergies se moontlike oliebronne in die Mangetti 1X-put ongeveer ‘n derde van die bronne in Venus kan wees. Verlede week het die maatskappy se hoof, Patrick Pouyanne gesê die bron is nie so groot nie. Upstream Online sê die aanmerkings is gemaak in vergelyking met die ongeveer 5 miljard vate wat Venus bevat. Daar is in Januarie berig dat die maatskappy eers sy uitslae in verband met die put geheim sal hou. Die maatskappy berei ook voor vir 3D-seismiese data oor twee gebiede in die suidelike deel van blok 2913B wat moontlik meer bronne as die hoogs suksesvolle Venus put bevat.