LPM-Swapo stoeiery in Karas duur voort
Die saak waarin die LPM-gedomineerde Karas-streekraad in Januarie drie Swapo-raadslede afgedank het, is steeds in die nuus. Die geskorste raadslede het op 2 Februarie ‘n dringende aansoek in die hoërhof gebring waarin geëis word dat hulle met onmiddellike effek heraangestel word. Die streeksraad het dit teengestaan en ‘n skikking is bereik waarvolgens die lede heraangestel is in hulle poste. Die saak sal egter as ‘n gewone aansoek op 18 April aangehoor word. Kosmos 94.1 het gepraat met die LPM se woordvoerder, Lifalaza Simataa, wat sê die saak is nog nie afgehandel nie. Hy voeg by die LPM het nie hulle besluit om die raadslede af te dank teruggetrek, soos wat beweer word nie.