Marshalltown-gebou word gesloop

Die Stad Johannesburg se eiendomsmaatskappy, Johannesburg Property Company, het planne bevestig om die gebou in Marshalltown te sloop waar 77 mense in ‘n brand gesterf het. Die bestuurshoof, Helen Botes, sê die gebou, wat in 2019 gekaap is, word as onveilig beskou. Aktiviste kritiseer die maatskappy vir swak bestuur van geboue in die stad. Botes het aan die kommissie van ondersoek verduidelik dat eienaars wat ‘n skuiling in die gebou bedryf het, in 2019 befondsing verloor en dit daartoe gelei het dat die kontrak nie hernu is nie: