Avdiivka sal val, ammunisie raak op
Die VSA het gewaarsku dat Rusland Oekraïne se belangrikste oostelike dorp, Avdiivka, wat die afgelope tyd die toneel was van die hewigste gevegte nóg, kan annekseer. Die woordvoerder van die Nasionale Veiligheidsraad, John Kirby, het tydens ‘n mediakonferensie gesê Avdiivka kán val omdat die Oekraïnse magte se artillerie-ammunisie opraak. Oekraïne is uiters afhanklik van wapenvoorrade van die VSA en ander Westerse bondgenote om te kan voortgaan om Rusland te beveg. Navo het vroeër gewaarsku die VSA se gesloer om voortgesette militêre hulp aan Oekraïne goed te keur, het reeds ‘n impak gehad op die slagveld.