Na 54 jaar kry sir Paul McCartney sy baskitaar terug
‘n Baskitaar wat deur sir Paul McCartney gekoop is voordat hy bekend geword het, is blykbaar aan die voormalige Beatle terugbesorg.
’n Wêreldwye soektog is van stapel gestuur na die vermiste instrument – wat McCartney in 1961 vir £30 gekoop het.
Die kitaar, ‘n kenmerkende gevormde Höfner-bas, het in sy tyd by die Beatles sinoniem geword met die veelsydige musikant. Hy het dit gekoop in die tyd toe hulle nog onbekend was en as groep deur Hamburg se berugte klubkringe getoer het.
McCartney het dit gereeld op die verhoog geneem tussen 1961 tot 1963, totdat dit verdwyn het net voor die groep opgebreek het in 1970.
Sedertdien was McCartney op soek na sy ‘gunsteling’ kitaar. Vandeesweek, 54 jaar later, het ‘n jong student die instrument terugbesorg aan die legendariese eienaar. Volgens hom was die kitaar aan hom oorgelaat as deel van ‘n erfenis.