DA hou Cyril verantwoordelik vir Weermag-soldate se dood in DRK
Die DA gee president Cyril Ramaphosa die skuld vir die dood van twee lede van die Suid-Afrikaanse Weermag. Hulle het gesterf in ‘n mortieraanval in Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die DA se nasionale woordvoerder vir Verdediging en Militêre Veterane, Kobus Marais, dring aan Ramaphosa moet gewaarsku word teen die ontplooiing van meer soldate weens onvoldoende vermoë om die M23-rebelle te beveg. Marais versoek die parlement om verdere lewensverlies te voorkom.