Bedingham slaan eerste toetshonderdtalFebruary 15, 2024

Krieket: David Bedingham het sy eerste toetshonderdtal aangeteken tydens die Proteas se stryd om ‘n oorwinning teen Nieu-Seeland. Suid-Afrika is in hul tweede beurt vir 235 uitgeboul en het aan die Swartpette ‘n wenteiken van 267 gestel, wat ‘n rekordjaagtog op Seddon Park in Hamilton is. Die tuisspan het met uitskeityd op dag drie 40 vir een gehad, en benodig nog 227 lopies om te wen. Bedingham hoop sy honderdtal kan die Proteas tot ’n oorwinning help lei: