Hupstoot vir kleiner sakeondernemingsFebruary 15, 2024
Die Bank van Namibië sê meer as 350 miljoen Namibiese dollar is aan klein-tot-medium ondernemings betaal deur sy ekonomiese herstel leningskema vir kleiner besighede, om hulle in nood by te staan. Dit verskaf fondse deur handelsbanke aan kwalifiserende klein besighede om te help met bedryfsuitgawes soos salarisse, huur- en huurooreenkomste en kontrakte met verskaffers. Die bankse goewerneur, Johannes !Gawaxab, sê 500 miljoen Namibiese dollar is aan die skema toegeken, met 100 miljoen dollar in reserwes en 400 miljoen dollar vir die kommersiële banke. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, het op die nuus gereageer toe hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.