Die son is op die punt om sy pole te draai
Jy voel die son brand jou vel meer as gewoonlik wanneer jy buite is. Die son het elke 11 jaar sy eie siklus wat genoem word die “Solar Maximum” en die “Solar Minimum”. Goeie nuus vir die wat auroras bekyk. Slegte nuus vir kommunikasiesatelliete. Elke 11 jaar gaan die son deur ‘n epiese transformasie waarin sy magnetiese pole omswaai. Soos die aarde, het die son ‘n magnetiese noord en ‘n magnetiese suid maar, anders as die aarde waar die pole in die orde van honderdduisende jare draai, doen die son dit gereeld.
Dit is omtrent weer tyd vir die son om sy magneties pole te draai, heel waarskynlik in die begin van hierdie jaar. Die son-siklus beïnvloed wel die klimaat hier op aarde en kan aard-verwarming en of aard-verkoeling veroorsaak, met vloede of droogtes. In die aanloop tot die pool-omkering is dit ‘n tyd van toenemend intense magnetiese aktiwiteit op die oppervlak van die son. Dit is wat tans gebeur: “Ons sien inderdaad dat die son meer aktief is as wat dit in waarskynlik in iets soos 20 jaar was,” sê Paul Charbonneau, ‘n son-fisikus aan die Universiteit van Montreal. Gedurende hierdie spits-periodes van son-aktiwiteit vind daar ‘n buitensporige vuurwerkvertoning in die sonnestelsel plaas. Wanneer die magnetiese energie-inhoud van die son baie groter is, is jy geneig om meer son-vlamme te kry, meer korona-massa-vrystelling,” sê Charbonneau. Daar word ook die jaar in April 2024 ‘n volle sonsverduistering verwag.
Fotos verskaf.