Amushelelo sê 5 000 het reeds vir huise geregistreer

Die sosiale aktivis Michael Amushelelo sê meer as 5 000 inwoners van die hoofstad het al by hom geregistreer om by huise wat leeg staan in te trek. Die registrasieproses het Saterdag begin. Volgens Amushelelo het die regering sy plig versuim om leë huise te vul, terwyl baie mense dakloos is. Hy voer aan dat baie mense al vir meer as 34 jaar in plakkershutte woon waar daar geen water, elektrisiteit of toilette is nie. Hy sê inwoners sal dus nou self begin regeer en leë huise opeis. Amushelelo sê die regering het tot 29 Februarie om te reageer met ‘n praktiese oplossing vir die behuising- en grondkrisis.