Bafana Bafana se doelwagter wen Afcon 2023 se Goue Handskoen

Sokker: Bafana Bafana se kaptein en doelwagter, Ronwen Wiliams, het die Afrikabekertoernooi se Goue Handskoen-toekenning gewen. Wiliams se heldhaftige pogings het die span gehelp om die halfeindronde te haal ná ‘n onderbreking van 24-jaar toe hulle die Kaap Verdiese Eilande geklop het. Wiliams se strafskop teen die Leopards van die Demokratiese Republiek van die Kongo het ook vir Suid-Afrika ‘n derde plek verseker. Met slegs drie doele afgestaan, het Wiliams Stanley Nwabali van Nigerië verbygesteek om die toekenning te wen.