Keniaanse marathon-rekordhouer sterf in motorongelukFebruary 12, 2024
Padwedlope: Die mans-wêreldrekordhouer in die marathon, Kelvin Kiptum van Kenia, het in ‘n motorongeluk gesterf. Die 24-jarige Kiptum het in Oktober sy landgenoot, Eliud Kipchoge, se rekord verbeter toe hy die Chicago-marathon in twee uur en 35 sekondes voltooi het. Die twee atlete is ook aangewys as lede van Kenia se voorlopige marathonspan vir vanjaar se Olimpiese Spele in Parys. Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, beskryf Kiptum as ‘n uitsonderlike atleet wat ‘n ongelooflike nalatenskap nalaat.