SA Premier Sokkerliga herskeduleer wedstryde vir Bafana

Sokker: Die buurland se Premier Sokkerliga het alle Premierliga-wedstryde wat oorspronklik vir môre en Woensdag gereël is, herskeduleer om Bafana Bafana terug te verwelkom nadat hulle die bronsmedalje in die Afrikabeker-toernooi gewen het. Bafana het die Demokratiese Republiek van die Kongo se nasionale span, die Leopards, in die uitspeelwedstryd om die derde plek verslaan, terwyl die gasheer, Ivoorkus, Nigerië in die eindstryd geklop het. Die PSL sê die besluit toon erkenning en eensgesindheid met die nasionale span, wat Woensdag terugkeer. Ondersteuners word verseker nuwe wedstryddatums sal binnekort aangekondig word.