Konstruksiebedryf-federasie erken fout in bedingingsooreenkoms

Die arbeid-ministerie het die vertraging in die verlenging van die Kollektiewe Bedingingsooreenkoms in die konstruksiesektor uitgeklaar, en verwys na ‘n indieningsfout deur die betrokke partye. Die ministerie het in ‘n verklaring bewerings deur die metaal- en verwante Namibiese werkersvakbonde, Manwu, dat hy die proses vertraag, weerlê. Die vertraging spruit na bewering uit die verkeerde weergawe van die kollektiewe bedingingsooreenkoms wat in Oktober verlede jaar deur die Konstruksiebedryf-federasie en Manwu ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die hoof uitvoerende beampte van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê daar was inderdaad so ‘n fout, wat bloot menslik van aard was.

Kirchner sê dit is jammer dat dit nou ‘n blaam-speletjie geword het, maar die situasie kon verhoed gewees het.