Veroordeelde moordenaar kan appelleer

’n Man van die Omusati-streek wat in Augustus 2022 skuldig bevind is aan moord op die ma van sy kind en brandstigting, het toestemming gekry om sy skuldigbevindings te appelleer. Paulinu Mateus Katale het die vrou verskeie kere met ’n baksteen op die kop geslaan, en haar hut by Okakwa in se Outapi-distrik aan die brand gesteek. Waarnemende regter Danie Small van die Oshakati Hooggeregshof het gesê hoewel hy tevrede is met sy uitspraak in die saak, kan die appèlregters ‘n ander siening inneem.