Tshwane-polisie gaan voort met anti-misdaad operasies
Die polisie in Tshwane sê hy sal voortgaan om operasies in die stad te hou as deel van sy belofte om misdaad te bekamp. Een-duisend-en-vyf verdagtes is in hegtenis geneem en drie vuurwapens is teruggekry tydens ses sigbare operasies regoor die metro verlede week. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê drie verdagtes is vasgetrek in verband met moord, vier weens poging tot moord, ses vir gewapende roof en ses vir verkragting.