Biden waarsku Israel oor grond-offensief in Rafah

Die Withuis sê president Joe Biden was telefonies met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu in verbinding oor planne vir ‘n militêre operasie in Rafah, Gaza. Die president waarsku ‘n militêre operasie in Rafah mag nie uitgevoer word sonder ‘n geloofwaardige en uitvoerbare plan om die veiligheid van sowat 1,3-miljoen Palestyne wat daar skuil, te verseker nie. Netanyahu het aangevoer hy is vas van plan om met militêre optrede voort te gaan. Die Withuis sê president Biden het ook Amerika se gedeelde doelwit herbevestig om Hamas te verslaan om die langtermyn-veiligheid van Israel te verseker.