Ek gaan nêrens, sê Bafana-afrigter

Sokker: Hugo Broos sê hy het hom verbind om as Bafana Bafana se afrigter aan te bly. Daar was bespiegeling dat hy vakante nasionale afrigtigtersposte in Tunisië en Algerië oorweeg. Die 71-jarige het Suid-Afrika tot ‘n derde plek in die Afrika-bekertoernooi gelei wat deur die gasheerspan Ivoorkus gewen is. Broos, wie se kontrak in Junie 2026 verstryk, sê die enigste manier waarop hy sal vertrek, is as die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging hom afdank.