Kinders wat buite speel het sterker immuunstelsels

‘n Studie deur die Universiteit van Kaapstad onthul dat kinders wat buite speel, sterker immuunstelsels ontwikkel in vergelyking met dié wat meestal in die huis is. Die studie kyk na die invloed van landelike en stedelike blootstelling op die ontwikkeling van immuniteit by Suid-Afrikaanse kinders met atopiese dermatitis en kinders sonder allergieë. Die studie deur die universiteit se afdeling vir Pediatriese Dermatologie en Pediatriese Allergieë het bevind dat kinders wat in ‘n landelike omgewing grootword se immuunstelsel beter ontwikkel en kinders teen allergieë beskerm. Blootstelling aan diere en tyd in die buitelug versterk ook die immuunstelsel.