Beweerde ivoorstropers weer in hof

Twee mans, John Mwelwa en Nziye Lusinyize, verskyn môre in die Katima Mulilo-landdroshof nadat hulle laat verlede jaar in besit van 15 olifanttande gevind is. ‘n Derde verdagte, Nyambe Calvin Matomola, is saam met sewe ander Zambiese burgers in besit van 24 olifanttande gevind en sal Woensdag in die hof verskyn. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, het vroeër gesê Mwelwa en Lusinyize is by Namandumo-dorpie in die Malengalenga-omgewing in hegtenis geneem. Volgens Muyunda is die operasie deur intelligensie gelei in die agtervolging van ‘n sindikaat van Zambiese burgers wat besig was met transnasionale stropery van olifante in die naburige Botswana, wat die Zambezi-streek as deurgang gebruik.