NAVO veroordeel Trump wat Rusland aanmoedig om Nato-bondgenote aan te val

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het voormalige Amerikaanse president Donald Trump gekritiseer en sê die organisasie is gereed en in staat om alle bondgenote te verdedig. Trump het Saterdag by ‘n saamtrek in Suid-Carolina gesê hy sal Rusland aanmoedig om te doen wat hy ook al wil doen aan enige NAVO-lidland wat nie die bestedingsriglyne op verdediging nakom nie. NAVO sê enige suggestie dat bondgenote mekaar nie sal verdedig nie, ondermyn almal se veiligheid, insluitend dié van die VSA, en stel Amerikaanse en Europese soldate in gevaar.