Noordelike riviere vloei steeds sterk

Die Zambezirivier by Katima Mulilo het ‘n hoogte van 1,60 meter aangeteken met geen veranderinge in die watervlakke sedert die vorige dag nie. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die huidige watervlak is laer in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 2,11 meter bereik het. Die Okavangorivier by Rundu het 5.57m aangeteken met ‘n afvoer van 3 661 kubieke meter per sekonde. Die Kunenerivier loop steeds sterk, teen 311 kubieke meter per sekonde. Die Oranjerivier is besig om te sak, en het op 1,33 meter by Sendelingsdrif gevloei. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp op die Kavangorivier gepraat, wat bevestig dat die rivier hoog is, maar nog nie naastenby vloed-hoogte bereik het nie.