Skokpeiling wys weghol steun vir Zuma se party

Suid Afrika se oud -president Jacob Zuma se nuwe nuwe Umkhonto We Sizwe party rokkel op groot skaal steun by die ANC en EFF af. ‘n Gesaghebbende peiling wat vertroulik met Rapport gedeel is toon dat MK se steun op 9 persent te staan. Dan sal MK 36 parlementslede wen en moontlik selfs die EFF uitstof. Die ANC se steun word op slegs 39 persent beraam. Die peiling is vanaf 26 Jan tot 9 Feb onder 1 820 demografies verteeenwoordigende kiesers gedoen.