Britse junior dokters gaan staak oor salarisse
Die Britse Mediese Vereniging kondig ‘n vyf-dae staking deur junior dokters in Engeland aan, van 24 tot 28 Februarie. Hierdie besluit volg op die Nasionale Gesondheidsdiens se syfers wat vanaf Desember ‘n agterstand van 7,6-miljoen gesondheidsbehandelings vir meer as ses-miljoen pasiënte openbaar. Medevoorsitters van die junior dokterskomitee, Robert Laurenson en Vivek Trivedi, kritiseer die regering se versuim om ‘n verbeterde salarisaanbod voor te lê. Die minister van Gesondheid, Victoria Atkins, het kommer uitgespreek oor die uitwerking wat die staking op die diens gaan hê.