Siviele werk vorder by Savanna Beef se nuwe abbatoir-perseelFebruary 9, 2024

Savanna Beef Processors het verlede jaar eenparige goedkeuring van sy aandeelhouers ontvang om die konstruksiefase van ‘n voorgestelde abattoir en verwerkingsfasiliteit te begin. Die voorkeurtender is deur die Nexus Group en Emcom Consulting Engineers ingedien. Savanna Beef is gevorm na aanleiding van samesprekings van die Beef Value Chain Forum, dat daar ‘n behoefte bestaan aan ‘n volhoubare beesslag- en bemarkingsbedryf om ‘n voorspoedige toekoms vir die Namibiese beesvleisbedryf te verseker deur winsgewende beesvleisuitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het met Mecki Schneider, die beesvleis waardeketting forum se voorsitter, gesels wat sê die siviele werke op die perseel naby Okahandja vorder goed en ‘n strook vir kraglyne word tans skoongemaak.