Internasionale betrekkings praat met Angola oor Zemba-kinders

Die ministerie van internasionale betrekkings sê hy is besig om die kwessie van die Zemba-kinders van Angola wat houtlepels by verkeersligte verkoop aan te spreek. Die plaaslike prokureur Kadhila Amoomo het die regering tot die 29ste Februarie gegee om die saak aan te spreek omdat die kinders kwesbaar is en nie skoolgaan nie. Penda Naanda, uitvoerende direkteur by die ministerie sê hulle reageer nie op Amoomo nie maar volg eerder die korrekte protokolle deur hulle eweknieë in Angola te betrek.