Gemeenskapspolisiëring help in Omusati

Misdaad het algemeen geword in Namibië, maar verskil tog van streek tot streek. Die streekbevelvoerder van die Omusati-polisie, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus bekend gemaak dat die mees gerapporteerde misdade in sy streek veediefstal, verkragting, veral van minderjariges, en geslagsgebaseerde geweld is. Basson sê egter vandat hy gemeenskapspolisiëring ingestel het, word veral verkragtings, waarvan hulle vroeër min gehoor het want families het dit vir hulself gehou, nou meer aangemeld.