Duitsers is selfvondaan in Gaza-konflik

Verskeie organisasies beskuldig Duitsland van selfvoldaanheid in die konflik tussen Israel en Hamas, en selfs van aandadigheid aan volksmoord. Organisasies soos South African Jews for a Free Palestine en Healthcare Workers 4 Palestine sê Duitsland se houding het die onderdrukking van diegene wat die beweerde volksmoord teenstaan, verskerp in plaas daarvan om hom uit te spreek teen Israel se optrede. Hulle sê Duitsland het ook sy voorneme verklaar om Israel te steun in die Internasionale Geregshof. Die VSA, Brittanje, Kanada en ander lande is ook gestriem vir hul vermeende verraad teen die Palestynse volk.