MVA sê oor rehabilitasieraamwerk
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het ‘n intensiewe rehabilitasieraamwerk geïmplementeer om padongeluk-oorlewendes deur die herstelproses te help, en om te verseker dat hulle ‘n vinnige oorgang na ‘n produktiewe lewe en onafhanklikheid kan maak. Die fonds het tans ‘n rehabilitasiesentrum by die Sentrale Hospitaal om die slagoffers van ongelukke te akkommodeer. Die fonds het 158 padongelukke, 335 beserings en 29 sterftes in die tydperk van 1 tot 28 Januarie vanjaar aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van Nooddienste en Ongelukke- en Beseringsvoorkoming gepraat oor ‘n opdatering van die rehabilitasiesentrum se werksaamhede. Hy sê hulle hele span, wat onder meer fisioterapeute, verpleegsters en dokters insluit, is toegewyd om slagoffers van padongelukke te help.