Viagra help dalk teen Alzheimersiekte

‘n Studie dui op die moontlikheid van ‘n verminderde risiko vir Alzheimersiekte by mans wat Viagra gebruik. Wetenskaplikes het navorsing gedoen onder meer as 260 000 mans en gevind diegene wat die middel vir impotensie gebruik, 18-persent minder geneig was om die toestand te ontwikkel wat demensie veroorsaak. Daar word berig wetenskaplikes is ook op soek na bestaande medisyne wat Alzheimers kan voorkom of vertraag. Viagra is oorspronklik ontwerp om hoë bloeddruk te behandel, en werk deur op te tree deur ‘n ‘n sel-sein-boodskapper wat ook aan geheue gekoppel kan word.