Vramotorbestuurder vas vir diefstal van sy eie vrag

‘n 37-jarige vragmotorbestuurder is op Rundu agter tralies na hy 964 50-kilogram sakke mieliemeel en hoendervoer gesteel het. Volgens die mag op die dorp, het hy die vrag laat aflaai en die vragmotor gelos. Hy het toe beweer hy is beroof. Die mag het reeds 456 sakke teruggevind maar, die res is steeds soek en is vermoedelik verkoop aan plaaslike besighede. Die waarde word op 161 000 Namibiese dollar beraam. Drie van sy makkers is nog op vrye voet. Die mag het ook kommer oor ‘n toename in huisbrake waar die sogenaamde slagoffer saam met diensverskaffers se personeel koukus om die inbraak te reël en dan die eis in te sit.