Outa sal nie verslag oor stemopnames terugtrek nie

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy sal nie sy verslag terugtrek oor uitgelekte stemopnames wat die hoër onderwysminister Blade Nzimande, en die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Ernest Khosa, by korrupsie betrek nie, in weerwil van dreigemente oor regstappe. Khosa het ‘n terugtrekking geëis, maar OUTA sê dit is sy plig om bewyse by wetstoepassers aan te meld. Die organisasie sê hy is gereed om onder spesifieke voorwaardes met Khosa in gesprek te tree. Stefanie Fick van OUTA sê hulle sal kragtige verdediging aanteken teen enige moontlike regstappe: