Versigtig – motorkapings neem plaaslik toe

Motorkapings neem toe in Windhoek, met slagoffers wat nie net hul voertuig verloor nie, maar ook oorweldigende emosies van skok, ongeloof, verwarring en hulpeloosheid beleef, sowel as gevoelens van magteloosheid en ‘n verlies aan beheer. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van Nampol se skakelafdeling het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sy raad aan die publiek is om nie in donker areas te parkeer nie, of as dit laat is, eerder ‘n afspraak vir die volgende dag te maak.