DA gaan klagtes indien teen Padongelukkefonds se bestuurders

Die DA sê hy sal klagtes indien teen bestuurders van die Padongelukkefonds. Die klagte gaan oor misleiding van die parlement deur herhaaldelik aan te dring op ‘n rekeningkundige standaard wat die fonds se huidige skuldprofiel met tot 90-persent sal vervals. Die DA-lid, Alf Lees, sê daar is ‘n sterk grondslag om die fonds se raad, insluitend uitvoerende hoof Collins Letsoalo, van pligsversuim aan te kla en as misdadige direkteure te verklaar kragtens die Maatskappyewet.