Invoere-uitvoere wanbalans onder die loep

Die land se handelstekort het skerp gedaal in Desember, vanaf die 4 miljard Namibiese dollar tekort wat in November aangeteken is, na 299 miljoen dollar. Dit is volgens die handelstatstiek van die Namibiese Statistieke-agentskap, wat gewys het dat invoere van veral petroleumprodukte baie hoog was in November en baie laag was in Desember. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, gepraat oor die vooruitsigte vir Namibië se handelstekort vir 2024. Sy sê die land se invoere is steeds hoër as sy uitvoere, maar daar word gepoog om die wanbalans reg te stel.