Almal se musiek smaak verskil. Fungi-Pop?

‘n Studie het bevind dat klank ‘n fundamentele aspek van die omgewing en krities vir ekosisteme is.

Navorsing het bevind dat plante klank beskou as ‘n meganiese stimulus wat die vloei van voedingstowwe kan aanmoedig, groei bevorder en hul immuunstelsels kan versterk.

Nou, ‘n nuwe studie deur Flinders Universiteit in Suid-Australië dui daarop dat dieselfde waar kan wees met grond.

Die navorsers het ondersoek ingestel of dit moontlik is om klank te gebruik om ‘n beskadigde ekosisteem te herstel.

“Meer as 75% van die wêreld se grond is afgebreek, so ons moet radikale stappe neem om die neiging om te keer en biodiversiteit te begin herstel,” het Jake Robinson, die studie se hoof en ooreenstemmende skrywer, gesê.

Die navorsers het eers gewone groen- en rooibosteesakkies begrawe om die groei van swambiomassa, ’n hernubare organiese materiaal wat van plante en diere afkomstig is, aan te moedig. Geplaas in klankdigte bokse, is die teesakkies blootgestel aan 8kh teen óf 70 dB óf 90 dB monotoon klankbane. Geen swambiomassa was aan die begin van die eksperiment in enige teesakkies sigbaar nie, maar na 14 dae van akoestiese stimulasie was digte swambiomassa egter sigbaar volop in die 70-dB- en 90-dB-behandelingsgroepe vir beide groen- en rooibosteesakkies.  In die gekontroleerde teesakkies wat aan omgewingsklanke van minder as 30 dB blootgestel is, was swambiomassa baie minder sigbaar.

Die nuwe ‘eko-akoestiese’ benadering het die potensiaal om beskadigde ekosisteme te herstel.