Stad Windhoek sal weer probeer raadslede instem, derde keer

Die beleërde bestuursraad van Stad Windhoek sal vanmiddag vir die derde keer poog om twee vakante posisies op sy raad te vul. Die koalisie by die stad is ‘n volslae mislukking met binnegevegte wat voortduur. Die stelsel van ‘n roterende burgemeester werk ook nie omdat projekte nie voltooi word nie. Die raad het vroeër in Januarie ook gepoog om die posisies te vul maar drie lede, wat Job Amupanda en Sade Gawanas insluit, het nie opgedaag nie. Dit was dieselfde lede wat in Desember uitgestap het.