Januarie se inflasie staan op 5,4%

Inflasiesyfers vir Januarie is bekend en het ingekom op 5,4 persent teenoor die 5,3 persent wat in Desember gemeet is en die 7 persent wat in Januarie 2023 aangeteken is. Inwoners van Khomas, bekend as Sone 2, het inflasie van 5,7 persent ervaar terwyl die noordelike streke, Sone 1, se inflasie op 5,5 persent gemeet is. Die goedkoopste gebied was Sone 3 – die Suide met Omaheke en Erongo – wat 5 persent ervaar het. Khomas het die hoogste prys vir ‘n bruinbrood, teen 14 dollar 18 sent betaal terwyl 750 milliliter sonneblom olie ook in die streek die duurste was, teen 32 dollar 42 sent.