Moana 2 einde November vrygestel

Disney het aangekondig die opvolg van sy treffer-animasieblyspel, Moana, word op 27 November vrygestel. Die eerste fliek was ʼn reusesukses wat meer as 12,8-miljard Namibiese dollar by die loket verdien het. Auli’i Cravalho, wat in die 2016-weergawe Moana se stem was, sal waarskynlik weer die rol vervul in die animasie-opvolg. Disney se uitvoerende hoof, Bob Iger, sê Moana 2 sal gehore op ʼn uitgebreide nuwe reis neem saam met Moana, Maui en ʼn splinternuwe bemanning van onwaarskynlike seevaarders.